Toelatings
Die verskaffing van kwaliteit onderrig binne 'n liefdevolle omgewing
Graad 1 aansoeke vir 2026
Alle graad 1 2026 aansoeke word aanlyn gedoen op www.gdeadmissions.gov.za
Alle graad 1 2026 aansoeke word aanlyn gedoen op www.gdeadmissions.gov.za
GEEN aansoeke word by die skool gedoen nie.
Doen asseblief aanlyn aansoek en laai alle GESERTIFISEERDE dokument op die aanlynsisteem. U hoef nie dokument by die skool in te handig, indien u dit op die aanlyn sisteem laai nie.
Aansoek tydperk: 24 Julie 2025 @ 8:00 – 29 Augustus 2025 @ 00:00
Plasings tydperk: Vanaf 16 Oktober 2025
hoe om stap-vir-stap aansoek te doen
Graad 2-7
Aansoeke vir 2026
AANSOEKE
Die 2026-aansoekvorm sal beskikbaar wees op ons skoolwebwerf www.bpms.co.za sodra aansoeke vir 2026 oopmaak op 24 Julie 2025 om 8:00.
Sodra dit beskikbaar is, kan u dit aflaai van die webwerf, voltooi en inhandig by die skool , tesame met alle GESERTIFISEERDE ondersteunende dokumente soos volg:
- Geboortesertifikaat van leerder
- ID-afskrifte van albei ouers
- Bewys van immunisering van leerder
- Bewys van huisadres
Let asseblief daarop dat die ENIGSTE dokument/e wat as bewys van huisadres aanvaarbaar is, die volgende is:
Eienaars:
‘n Nutsrekening in die naam van een/albei ouer/s (nie ouer as 3 maande nie)
Huurders: (AL 5 hierdie dokumente moet ingehandig word)
- ‘n Huurooreenkoms in een/albei van die ouer/s se naam. Die huurooreenkoms moet deur die verhuurder en huurder onderteken word en die huurkontrak mag nie verval het nie.
- Huurstaat van die huurder (nie ouer as 3 maande nie)
- nutsrekening van die eienaar van die eiendom (nie ouer as 3 maande nie).
- ID-afskrif van die eienaar van die eiendom
- Bewys van betaling van huur (nie ouer as 3 maande nie)
***’n Beëdigde verklaring/brief is NIE ‘n geldige bewys van huisadres nie en sal NIE as bewys van huisadres aanvaar word volgens GDO regulasies nie***
- Bewys van werksadres: Briefhoof van die maatskappy met u naam, van, ID-nommer en adres van die onderneming
- Mees onlangse rapportvan leerder (slegs graad 2-7)