Wanneer ons na ons akademiese prestasies kyk, besef ons dat ons baie gelukkig is. Op akademiese gronde het Bryanston Parallel Medium homself gevestig as een van die voorste skole in Gauteng. Ons resultate met die Jaarlikse Nasionale Assessering en die Sistematiese evaluering is bewyse hiervan. Ons kan met trots terugkyk na die akademiese verbetering en groei wat plaasgevind het gedurende die afgelope paar jaar.

Bryanston Parallel Medium personeellede doen alles in hul vermoë om ons leerders met die nodige vaardighede toe te rus om ‘n gebalanseerde volwassene te word.