Senior Koor – Graad 4 -7

Om te sing in die BPMS koor is werklik ‘n wonderlike ervaring. Hier groei, leer en werk ons as ‘n eenheid. Dit is baie lonend!

Om deel te wees van die koor vereis harde werk en baie selfdissipline. Jy moet toegewyd wees en verantwoordelikheid neem as jy deel is van ‘n groep met mede-entoesiaste.

Van die gebeurtenis waaraan ons deelneem:

  • Sing in Harmonie kompetisie.
    Deelgeneem in 2017 en 2018
    “Sing in Harmonie” is ‘n gesogte koorkompetisie wat op KykNet uitgesaai word.
  • Die Megafest van Kore.
    Die Megafest van Kore is ‘n saamgesoekte fees wat geskep en begin is deur KariSma (Johan Bester) in samewerking met Maragon Private School Ruimsig. Hierdie fees strek oor 5 dae met laerskoolkore, hoërskoolkore en volwasse kore.
  • Die Nasionale Eisteddfod-kompetisie
  • Sing dit! – Johan Bester
  • Skool funksies

Die koor span:

Ronél Meiring: Organiseerder

Elnet Ferreira:  Admin

Duncan Fourie: Afrigter

Gert Potgieter: Begeleier

Om deel te wees van ‘n koor is ‘n onvergeetlike ervaring. Jy ontmoet nuwe vriende, jy leer nuwe vaardighede en meeste van alles, jy leer om nooit op te gee nie.