Krieket word gedurende die derde kwartaal gespeel. Spanne:
  • Junior krieket - O/7 & O/8 (Studente)
  • O/9 A & B - (Mnr. Klopper & Mnr. Petzer)
  • O/10 A & B - (Mnr. T Neethling & Student)
  • O/11 A & B - (Mnr. E vd Merwe & Student)
  • 2de span - (Mnr. M Louwrens)
  • 1st span - (Mnr. D Smit)
Wedstryd Uniform:
  • O/7 - O/11: Wit kort broeke, BPMS golf hemp, tekkies
  • 2de & 1ste span:  Wit lang broek, BPMS golf hemp, tekkies
Toerusting:
  • O/7 & O/8 gebruik 'n sagte bal, kolwe en balle word voorsien.
  • O/9 - 1ste span gebruik 'n harde bal, toerusting word voorsien, maar dit word aanbeveel dat elke speler sy eie toerusting het.
Balgroote:
  • O/9 - O/11 gebruik 113g
  • 2de & 1ste span gebruik 135g
O/7 & O/8 Dinsdag - Donderdag 13:00 - 14:00
O/9 - 1ste span Dinsdag - Donderdag 14:00 - 15:00
Wedstryde is van Maandae tot Donderdae
BPMS speel in die NOORDWES liga
Ons is trots om te noem dat Kagiso Rabada, snelbouler vir die Proteas, 'n leerling by BPMS was.  Ons hoop om u kind by oefening te sien en wie weet, miskien is daar 'n toekomstige Protea onder die seuns.
NSSSC (NORTHERN SUBURBS SATURDAY SCHOOLS CRICKET)
  • Spelers van O/9 - O/12 word genomineer om hierdie proewe by te woon.
     As hulle gekies word, sal hulle gedurende die week oefen en wedstryde sal op Saterdae wees.
  • As 'n kind gekies word, is dit die ouers se keuse of die kind mag speel of nie.
  • Die NSSSC is 'n krieketliggaam op sy eie en is daar vir kinders om hul krieket te verbeter en wedstryde op Saterdae te speel.
  • Die afrigters van die spanne nomineer spelers om hierdie proewe by te woon.
  • Daar is finansiële implikasies betrokke.
  • Oefen tye en wedstryde meng nie in met skool oefening en wedstryde nie.
VERRE NOORD:
  • O/11 & O/12
  • Seuns word genomineer deur die afrigters om hierdie proewe by te woon.
  • In 2017 het BPMS 4 seuns wat Verre Noord behaal het.
  • Daar is finansiële implikasies betrokke.